Christus alles in elkeen
Ons roeping is:
- om verlore mense na Christus te lei;
- om verloste mense tot geestelike volwassenheid te lei (dissipelskap); en
- om die wesentlike behoeftes en nood van mense te vervul.
Christus alles in elkeen
Ons roeping is:
Die Koffiepot

Die Kairos Omgeegroep word gestig vir alle enkellopendes vir Donderdag vanaf Januarie 2012.
Verdere besonderhede sal nader aan die tyd bekend gemaak word.
Ons sien daarna uit om julle te ontmoet!!

Danksegging is 'n tyd waarin ek my waardering teenoor God uitspreek vir sy sorg en beskerming en vir wie Hy is.
Dink oor die dag en dank God vir sy sorg vir jou en ander.
Dank God vir nuwe dinge wat Hy gedoen het en doen: geestelik, fisies, sosiaal.
Dank Hom oor wie Hy is, sy gawes, antwoorde op gebed ... al sy seëninge.
Wees spesifiek in jou danksegging.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.