Bediening in die Gemeente
Lidmaat-wees beteken om nie maar 'n toeskouer of passasier te wees nie, maar om deel van God se diensspan in die gemeente en wêreld te wees.
Daar is vir seker 'n bepaalde plek en bediening in die gemeente waar God jóú nodig het en wil gebruik.
Hy het selfs vir jou unieke gawes gegee om vir Hom tot diens te wees en 'n verskil te maak.
Die Kerkraad is opgewonde om ons Gemeente te kan meedeel dat die Kerkraad en Dagbestuur, sedert Februarie 2022 saam met ‘n hele klomp ywerige mense gewerk het om ons Gemeente se sewe Bedienings en Taakspanne te konsolideer na vier Bedienings, elkeen met ‘n paar sub-bedienings. Die sub bedienings word ook elkeen, vir eenvoud onthalwe, ‘n “Bediening” genoem.
Die vier Bedienings is nou:
- Geestelike Toerusting Bediening
- Uitreik Bediening
- Omgee Bediening
- Ondersteuningsbediening
Onthou jy nog die 40 dae reeks oor Rick Warren se Doelgerigte Lewe (“Purpose Driven Life”) wat ons jare gelede deurgewerk het? Die Gemeente se vier Nuwe Bedienings pas mooi daarby aan. Daarvolgens gaan ‘n Christen, d.w.s. ook Rietfontein-Suid se lewe “nie net oor MY nie”! ‘n Christen, en dus OOK JY as Rietfontein-Suid gemeentelid se lewensdoel is / behoort as volg te wees:
- Om ons HERE, Jesus, en Die Vader en Die Heilige Gees opreg TE AANBID (Aanbidding / Geestelike Toerusting)
- Om saam te leer / oefen hoe om DISSIPELS van Jesus te wees, dws om te leer hoe om elke dag in ons lewe meer SOOS JESUS te word, om die Here te dien (Geestelike Toerusting en Omgee)
- Om elkeen te leer / toegerus te word hoe om ons PERSOONLIKE LEWENSMISSIE uit te lewe en te getuig van Jesus in ons beroep of besigheid (Uitreik)
- Om SAAM met ander gemeentelede / Christene / Rietfontein-Suid lede te leer hoe om dissipels van Jesus te wees en aan ons onderlinge GEESTELIKE FAMILIE VERHOUDINGS TE BOU (Omgee)
- Om te leer / oefen hoe om ons gawes, vaardighede, persoonlikheid in die BEDIENINGS van die gemeente te gebruik, dws om ons medemens te dien (Omgee en Ondersteuning)
Die Geestelike Toerusting Bediening bestaan uit 5 sub-bedienings, naamlik:
- Erediens Bediening;
- Kinder Bediening;
- Jeugbediening;
- Gebedsbediening en
- Estetiese Bediening.
- Besonderhede