Alles teen billike tariewe
Kontak:
Marie Liebenberg
084 508 2255 of 012 331 2484
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Ons begin stelselmatig gereed maak vir die afskop van die Romeine 12 reeks (r12).
Die grootste behoefte, buiten gebed, wat ons graag aan aandag wil begin gee, is die beskikbaarheid van gashere. Persone wat bereid sal wees om hulle huise oop te stel vir gemeentelede wat nog nie aan Omgeegroepe behoort nie en wat graag wil deelneem aan die r12 opgewondenheid.
Indien die idee om 'n groep te lei intimiderend klink, wees asseblief rustig daaroor. Vrywilligers het glad nie nodig om:
Ons vertrou dat die Here dit op julle harte sal lê om beskikbaar te wil wees gedurende hierdie r12 reis hetsy deur:
Die verskillende sessies wat gedurende die r12 reeks in die groepe behandel sal word deur middel van 'n DVD en studiegids is as volg:
Ons weet julle kan en byvoorbaat dankie!!
Op Pinkstersondag 2000 jaar gelede is die Heilige Gees op die kerk uitgestort. Baie keer deur die eeue het die kerk egter stagneer en die werking van die Heilige Gees weerstaan. Dan het God, in Sy genade, weer Sy Gees opnuut op die kerk kom uitstort. Van hierdie herdoping sien ons byvoorbeeld in Handelinge 4: 29 - 31, 10: 44 - 47 en 11: 15.
Martyn Lloyd-Jones het gesê dat wanneer mens die boek Galásiërs en 1 Korinthiërs 12 - 14 met aandag lees, dit duidelik is dat daardie kerke 'n buitegewone werking van die Heilige Gees in hulle midde beleef het. Oor die eeue heen het dit ook herhaalde kere in plaaslike kerke, streke en nasies, en ook wêreldwyd gebeur.
Laat ons dan bid vir die buitengewone werking van die Heilige Gees binne-in die wêreldwye kerk. Sonder ‘n nuwe en kragtige werking van die Gees sal die kerk kragteloos bly en nie daartoe in staat wees om sy werk te doen nie.
Tyd: Sondag, 27 Mei 2012, 12:00 - 14:00
Plek: NG Gemeente Rietfontein-Suid Kerksaal
Die volgende word voorsien: pap en sous, slaaie en broodjies. Nagereg sal verkoop word. Braaivleisvure sal gereed wees.
Wat moet elkeen saambring: Eie vleis, drinkgoed en eetgerei.
Alle NUWE INTREKKERS van die afgelope 6 maande of persone wat nog nie 'n gemeente-ete bygewoon het nie, is BAIE WELKOM.
Indien jy vreemd voel, kom sê vir Liezel Nieuwenhuis hallo en sy sal jou help.
KOM KUIER GERUS SAAM!!