Sonde- en Skuldbelydenis
Sondebelydenis of verootmoediging is 'n daad van belydenis en reiniging van myself as God se tempel sodat ek vrye toegang tot God kan hê.
- Dit is die plek waar ek sonde op sy naam noem, my skuld bely, erken dat dit verkeerd is en daarvan wegdraai - en God se vergifnis aanvaar.
- Waar ek God vra om met elke vorm van hoogmoed en liefdeloosheid te deel.
- Dit is 'n tyd van selfondersoek en om die Heilige Gees toe te laat om enige onbelyde sonde aan jou uit te wys. Verlossing en vergifnis verkry ons slegs deur die bloed van die Here Jesus en op grond van sy soendood aan die kruis.
- In sondebelydenis vra ek nie dat God noodwendig omstandighede moet verander nie, maar dat Hy my sal vergewe en my sal verander.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede
Wag op die Here
Wag op die Here is 'n daad van oorgawe aan en liefde vir god en bewondering van God, (dikwels woordelose aanbidding).
- Dit is waar ek stil word voor God.
- Waar ek geestelik die deur toemaak vir enige invloed van die wêreld.
- Waar ek deur 'n daad van geloof in sy teenwoordigeheid kom staan.
- Dit is om God te aanbid en te prys vir wie Hy is.
In hierdie stilte periode stel ons, ons in op God self, rig ons wese op Hom en wy ons, ons opnuut aan Hom toe. ons verbly ons in sy teenwoordigheid en oor sy teenwoordigheid.
Dit is 'n tyd van diep persoonlike en intieme kommunikasie met God, dit is wanneer ek as beperkte en eindige wese in die teenwoordigheid van God as die Onbeperkte en Oneindige Wese kom staan.
By hierdie punt maak ons seker dat ons lewende kontak met God maak. Hierdie tyd van wag op die Here kan nie afgejaag word nie, daar is nie plek vir ongeduld en haastigheid nie.
In hierdie periode dink jy aan niks anders as aan God die Vader, sy Seun Jesus jou Verlosser en die Heilige Gees nie.
Gedagtes wat by jou opkom hoef jy noodwendig om te sit in woorde nie. Konsentreer op jou verhuding met God en jou liefde vir Hom.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat ''n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede
Woorde maak baie dieper seer as fisiese mishandeling
Wanneer fisiese mishandeling stop, bly die pyn en vernedering deur woorde steeds daar. Die volgende frases gebruik jy dalk self gereeld, of jy hoor ander mense dit gebruik.
- Jy sal nooit verander nie,
- Jy is altyd teen my,
- Ek weet jy sal my verstoot - dis net 'n kwessie van tyd,
- Jy kan nooit vertrou word nie,
- Jy is 'n mislukking,
- Jy is hopeloos,
- Dit is geheel en al jou skuld as hierdie verhouding misluk.
Maak tyd om hieroor na te dink en vra dat God jou sal help om heeltemal eerlik voor Hom te wees. Bely die dinge waaraan jy skuldig is. Vra die Here om jou te help om ander te vergewe wat hierdie woorde teenoor jou gebruik het.
- Besonderhede