Wanneer herlewing kom verander alles
Dit is nie meer nodig om mense te probeer oorreed om na 'n gebedsbyeenkoms te kom nie. Mense bely hul sondes openlik, getuig dat Jesus hulle vry en nuut gemaak het en hardloop dan die Christelike wedloop met blydskap in hul harte. Roep tot die Here dat Hy ons in hierdie geslag met herlewing sal begenadig.
- Besonderhede
1 tot 31 Augustus
Hierdie is 'n oproep tot gebed vir die Moslems gedurende hul maand Ramadaan. As gelowige stem ons nie saam met Islamitiese teologieë en idees nie, maar ons bid dat hulle Jesus as die Seun van God sal herken en erken.
Proklameer oor alle Moslems: Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom tot die Vader behalwe deur Jesus Christus nie.
- Besonderhede
Hy het nie werksure nie, so ek het altyd tyd.
Hy kontrolleer nie my tydstate nie, Hy hoef nie.
Hy betaal my elke maand 'n salaris, wat geld nie kan koop nie.
Hy het 'n oop-deur benadering, ek hoef nie te klop nie.
Hy gee my net twee take om aan te werk, vir die res van my lewe.
Hy gee my opleiding, sonder dat ek smeek daarvoor.
Hy verwag dat ek net een "manual" hoef te lees.
Hy hou nie lang, onnodige vergaderings nie, dis net Hy op die agenda.
Hy loop nie rond nie, maar is altyd beskikbaar.
Hy kom Sy afspraak na, wanneer ek Hom nodig het.
Hy speel nie politieke speletjies nie, want Hy is nie van hierdie wêreld nie.
Hy het nie 'n kantoor nie, Hy is maar net daar.
Hy gee my kans om asem te skep wanneer ek dit nodig het.
Hy gee my hulp wanneer ek dit nie vra nie.
Hy verneder my nie, maar hou my nederig.
Hy gee my elke jaar 'n bonus, terwyl ek alreeds alles het.
Hy vertrou my, met dit wat hy my gee.
Hy doen altyd die regte dinge, reg.
Hy gee regtig om vir my.
Hy is die Beste, vir wie enigeen kan werk.
deur
Casper Erasmus
- Besonderhede