Plek: Emmarentia Geldenhuys Terrein, Bela-Bela (Warmbad)
Akkommodasie: Kamers of kampeer (eie woonwa/tent)
Tariewe
Kamers: Volwassene - R180; Skolier/Student - R150; Voorskool (4 jr+) - R60
Kampeer: Volwassene - R120; Skolier/Student - R90; Voorskool (4 jr+) - R60
Die program en inskrywingsvorm kan by Die Koffiepot afgelaai word.
Jonk en minder jonk is almal welkom!
Alle eer aan die Here om te kon aanskou hoe feitlik 'n hele gemeente vorentoe beweeg om hulle te "commit" tot die r12 "Reis". Dat elkeen gewillig is om gedurende hierdie reeks werklik erns te maak met hulle geestelike groei en verhouding met die Here.
Ons kan nie anders as dankbaar erken dat die Here getrou is en daarom kan elkeen uitsien - met 'n opgewondenheid - na ons ontmoeting met die Here deur die Woord en deur die werking van die Heilige Gees in ons geestelike wandel met Hom.
Ons is met week 2 besig ook in die Omgeegroepe waarin gemeentelede ingedeel is of waaraan sommige alreeds heel tuis is. Die sessies word in alle ywer aangepak en die r12 boekies 'n hulpbron van onskatbare waarde wat heel verstaanbaar is. Chip Ingram se persoonlike stempel is oral sigbaar en dit is 'n aangename atmosfeer wat heers terwyl almal met die nodige doenig is.
Mag dit 'n onvergeetlike ervaring wees waarin elke gemeentelid alles ten volle sal oorgee aan die Here sodat Hy as Koning in elkeen se lewens sal heers.
SAAM GROEI ONS TOT SY EER
geskryf deur
Liezel Nieuwenhuis
Maak jy huis skoon of beplan jy 'n "spring cleaning"?
Bring dit vir ons! Ons soek enige iets wat skoon en in werkende toestand is vir die karnaval se Wit Olifante tent.
Boeke, klere, meubels, ornamente, elektriese ware, cd's, kombuisware, breekgoed, juwele, skilderye, gereedskap, plantjies, ensovoorts.
Bring dit vir ons!!
Navrae:
Daar sal "hot dogs" te koop wees teen R12-00 elk hierdie komende Sondag na afloop van die erediens tydens tee.
Die gelde sal aangewend word om boekies te borg vir persone wat dit nie kan bekostig nie, maar graag wil deelneem aan die r12 Reeks, asook uitgawes aangegaan.
Kom geniet dit saam met ons!!.
Die r12 Boekies sal ook beskikbaar wees teen R40-00 elk. Alle bestellings, betalings en navrae in die verband kan gerig word aan DJ Muller 083 420 2217.