Gemeentelede wat in kleiner groepies gemobiliseer word.
Soos met die eerste gemeente in Handelinge 2, raak elke gemeentelid aktief betrokke by mekaar, die groter visie van die gemeente en die uitdra van God se Woord na die wêreld. Dit bied geleentheid vir geestelike groei en om medegelowiges te bedien en geestelik te versorg.
Wat gebeur in 'n Omgeegroep?
Lering/Bybelstudie word aan die hand van 'n studietema gedoen wat inpas by preektemas van die gemeente vir daardie maand. Groeplede kry die geleentheid om onderwerpe en vrae intensief te bespreek. Dit is nie in 'n gewone erediens moontlik nie.
Groeplede bid vir mekaar en bedien mekaar deur hulle onderskeie gawes. Individue leer om as werktuie van die Here die liefde van Christus aan medegelowiges te demonstreer. Omgeegroeplede reik ook uit na buite en identifiseer 'n projek waarby hulle betrokke wil raak.
Johannes 13: 35 - "Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus".
- Besonderhede
Familie: 'n omgeegroep getuienis
- Besonderhede