Saam met God by die werk
8. Aanvaar jou Sosiale Verantwoordelikheid
Rykdom en voorspoed is nie doelwitte op sigself nie.
Volgens die Bybel seën God ons sodat ons - nadat ons in ons eie basiese behoeftes voorsien het - meer sal hê om in ander se behoeftes te voorsien.
God plaas die armes, die weeskinders, die weduwees en die vreemdelinge in ons sorg.
Hy sal ons geloof beoordeel aan ons optrede teenoor mense soos hulle.
Sosiale verantwoordelikheid is nie net daar om ons openbare beeld te bevorder nie; dis 'n vereiste vir ware en opregte diens aan God.
Lees:
- Deuteronomium 24: 19 - 22
- Spreuke 19: 17
- Spreuke 21: 31
- Mattheus 25: 34 - 40
- Hebreërs 13: 16
- Jakobus 1: 27
- 1 Johannes 3: 16 - 17
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
7. Dien God met jou Inkomste
Die geld en besittings wat ons bymekaarmaak, kom van die Here af.
Daarom behoort alles wat ons besit in die eerste plek aan Hom.
Die Bybel gee die riglyn dat ons een tiende van ons inkomste as offer aan die Here moet gee vir die ondersteuning van sy werk.
God het 'n blymoedige gewer lief.
Lees:
- Deuteronomium 14: 22 - 23
- Lukas 11: 42
- Markus 12: 41 - 44
- 2 Korinthiërs 9: 6 - 9
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
6. Rus Gereeld
Jy kan ook te veel probeer doen. Jy sloof jou af, verwaarloos jou persoonlike verhoudings en raak vasgevang in 'n nimmereindigende dolle gejaag.
Jy kan later verleer om te rus en selfs skuldig voel wanneer jy nie werk nie. Die ritme van werk met gereelde rustye tussenin is sedert die skepping vasgelê.
Om te kan rus, wys dat jy nie 'n slaaf van jou werk is nie. Diegene wat hulle nie aan hierdie beginsel steur nie, sal nie enduit kan presteer nie.
As God gerus het, waarom sal ons dan nie sy voorbeeld volg nie?
Lees:
- Genesis 2: 1 - 3
- Eksodus 20: 8 - 11
- Eksodus 23: 12
- Eksodus 34: 21
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede