Saam met God by die werk
2. Werk Hard
Die Bybel leer ons dat wyse mense hard werk en die vrugte van hulle arbeid pluk; lui mense is dwaas en kom nêrens. Dis belangrik om deur eerlike werk in ons eie daaglikse behoeftes te voorsien.
Lees:
- Spreuke 6: 6 - 9
- Spreuke 12: 24
- Spreuke 26: 14 - 15
- Titus 3: 14
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Saam met God by die werk
Die Bybel is in 'n ander era geskryf, maar dis vol eeue oue wysheid en spreek verskeie vraagstukke wat ons vandag raak reguit aan, insluitende baie van die vraagstukke waarmee ons by die werk te doen het.
Hier is tien riglyne wat ons kan volg om ons werk sê te doen dat ons God tevrede stel en ook seker kan wees van sy seën.
1. Vertrou op God
Ons hoor dikwels van "selfgemaakte miljoenêrs" en van mense wat spog met hulle sakevernuf. Die Bybel leer ons dat ons niks sonder God se hulp kan bereik nie. Dit waarsku ons om nie planne te maak asof ons ons eie toekoms beheer nie en ook om nie al die eer vir die sukses wat ons bereik vir onsself toe te eien nie.
Lees:
- Deuteronomium 8: 17 - 18
- Jakobus 4: 13 - 17
- Spreuke 16: 3
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Nehemia se Talent
Jou begaafdheid sorg daarvoor dat ander jou raaksien, laat jou uitstyg bo die res en gee vir jou 'n voorsprong in die lewe. Hierdie voordeel hou egter nie baie lank nie. Liedjieskrywer, Irving Berlin, het hierdie waarheid verstaan toe hy gesê het: "Die moeilikste deel van sukses is dat jy moet aanhou om suksesvol te wees. Talent is maar net die beginpunt in 'n besigheid. Jy moet aanhou werk met daardie talent." Jy kan nie sweef in die lugstroom van jou vaardighede nie. As jy dan skielik jou vlerke probeer klap, gaan ander by jou verbyskiet. Die mega-topverkoper skrywer, Stephen King sê: "Talent is goedkoper as tafelsout. Harde werk is al wat talentvolle individue onderskei van die suksesvolle individue."
Baie van hierdie werk vind in jou karakter en in jou persoonlike wêreld plaas. Ken jy ook mense wat moes uitstyg bo die res maar nie het nie? Hulle het al die talent gehad wat hulle ooit sou nodig kry, maar dit nie gemaak nie. Hulle vriende, gesinne, afrigters en base sien hoe begaafd hulle is en wonder hoekom hulle nie aan die verwagtinge voldoen nie. Hulle talente het die deure oopgemaak, maar hulle verkeerde keuses het dit weer toegemaak.
Kyk bietjie na Nehemia se talent. Hy het Jerusalem se mure in minder as twee maande herbou - 'n ongelooflike daad! Kyk nou na Nehemia se karakter. Terwyl sommige van sy eweknieë geld teen sulke belaglike koerse uitgeleen het, dat mense dit nie kon terugbetaal nie, het hy gesê: "Dit is nie goed wat julle doen nie," (Neh. 5:9, OAV). Toe het hy aangekondig: "Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God. Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur," (Neh. 5:15-16, NAV).
Wil jy jou karakter ontwikkel? Volg dan in sy voetstappe!
Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za
- Besonderhede