Hoe sal ons weet dat al hierdie dinge waar is?
Deur die getuienis van die Heilige Gees
Die Heilige Gees is die derde persoon in die Drie-eenheid wat teenwoordig was sedert die begin en steeds onder ons woon.
Lees:
- Johannes 14: 16, 26
- Johannes 16: 8
- 1 Korinthiërs 12: 3
- 2 Korinthiërs 1: 21b - 22
Deur die Woord van God
Lees:
- Psalm 119: 105
- 1 Korinthiërs 1: 21a
- Romeine 10:17
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Die sleutel tot God se gawe is geloof
Wat is geloof?
Om te glo, is om oortuig te wees van die waarheid en betroubaarheid van dit waarin jy glo en om jou optrede daarvolgens in te rig.
Lees:
- Hebreërs 11: 1, 32 - 35
Geloof is om in jou hart te glo voordat jy met jou oë sien.
Lees:
- 2 Korinthiërs 5: 7
Geloof beteken om in Jesus Christus te glo.
Lees:
- Romeine 10: 9 - 10
- Johannes 5: 24
- Johannes 6: 40
Geloof beteken om Christus te gehoorsaam.
As jy doen wat Christus vra, gee jy egtheid aan jou geloof.
Lees:
- 1 Johannes 2: 3 - 5, 23 - 24
- 1 Johannes 5: 3
- 2 Korinthiërs 7: 1b
Geloof beteken om berou te hê.
Berou is om 'n diepgaande verandering van gedagte en optrede te ondergaan.
Dit beteken om die rug te keer op die ou self en God se weg te volg.
Lees:
- Jeremia 31: 18b
- Sagaria 1: 3
- Markus 1: 15
Geloof beteken om jou vertroue in Christus te plaas.
Selfs ons beste dade is onvolmaak en deur sonde aangetas.
Dit is tyd om jou vertroue in Christus te plaas en op te hou om op jou eie krag staat te maak.
Lees:
- Filippense 3: 4b - 11
Geloof beteken om aan Christus te behoort.
Jy is duur gekoop met die bloed van Christus en daarom behoort jy aan Hom!
Lees:
- Romeine 7: 4c
- Romeine 14: 8b - 9
- 1 Korinthiërs 3: 23
- 1 Korinthiërs 6: 19b - 20
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede
Christus is God se geskenk aan die mensdom
Christus is soos die Vader
Jesus Christus is die Seun van God en God self.
Hy is die inkarnasie van God die Vader op aarde.
Lees:
- Kolossense 1: 15
- Johannes 1: 18
- Johannes 3: 16 - 17
- Johannes 7: 28 - 29
- Johannes 14: 1, 8 - 11
- Hebreërs 1: 1 - 3a
Christus neem ons oortredinge op Hom
God kan sonde nie verdra nie aangesien Hy self vlekkeloos is.
Sonde moet gestraf word maar God het ons so liefgehad dat Hy sy Seun gestuur het om die straf vir ons sondes te dra.
Lees:
- Romeine 5: 8
- Romeine 6: 23
- 1 Petrus 3: 18
- Efesiërs 1: 7
- Kolossense 1: 22
Christus oorwin die dood en gee die ewige lewe
Lees:
- Romeine 6: 8 - 11
- Romeine 8: 11
- 1 Korinthiërs 6: 14
- 1 Korinthiërs 15: 3b - 4
God veroordeel sonde deur Christus
Lees:
- Handelinge 17: 31
- Johannes 5: 22, 27 - 29
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Besonderhede