My eerste 40 dae het so 'n groot impak op my lewe gehad dat ek nie kon wag vir hierdie een nie.
Voorheen het ek kerk toe gegaan - amper asof dit maar net gedoen moet word.
Na aansluiting by 'n kleingroep het alles verander. Skielik het ek uitgesien daarna om kerk toe te gaan en het ook gevoel ek hoort hier en is tuis.
Die R12 het my nog verder laat groei en kan ek glad nie my lewe sonder betrokkenheid by die kerk en 'n kleingroep insien nie.
As ek terugkyk na ons sessies as Omgeegroep tydens die R12, staan een aspek vir my die meeste uit: die gemaklike/gemoedelike atmosfeer wat daar geheers het waarmee die vrae met eerlikheid onder mekaar bespreek is.
Dit het my weereens laat besef hoe kosbaar my Omgeegroep vir my is en die spesiale mense wat deel van my geestelike familie vorm.
Dat ons mekaar so kan vertrou en waardeer.
Die r12 het my die geleentheid gegee om weer my fokus te verskuif van wat regtig vir Jesus belangrik is. Dat ek myself tenvolle aan Hom kan oorgee. Deur Hom te dien en ook ander met liefde te dien.
Dit was 'n ideale geleentheid om net weer stil te raak en in die geestelike spieël te kyk na myself en my lewe. Van sekere onnodige laste onslae te raak of ten minste daarvan bewus te word om later heeltemal af te skud.
Hy aanvaar my nes ek is en is oneindig lief vir MY.
Hy het weer onder my aandag gebring dat ek 'n dankbare lewe moet lei omdat Hy 'n duur prys alreeds betaal het.
Ek kan op Hom vertrou en is NOOIT alleen nie.
Ek wil eerlikwaar elke oomblik in dankbaarheid leef, want ons dien 'n Almagtige God wat in beheer is, maar ook sagmoedig is om te verstaan waar nodig.
Ek wil my hele lewe aan Hom opdra net omdat Hy Hy is en waardig is. Niks wat ek wil of gaan doen kan Hom beindruk nie – ek wil Hom net liefhê en volg.
Ek wil my gemeente help opbou tot 'n gemeente waarop ons Hemelse Vader trots kan wees omdat ons met opregtheid en in waarheid Hom dien.
Minder van myself en meer van Hom en ander. Elke oomblik saam met Hom is 'n voorreg!