Die Internasionale Dag van Gebed vir die Vervolgde Kerk (IDOP) val elke jaar op die 2de Sondag in November. Op dié dag word wêreldwyd gebid vir vervolgde Christene en hul vervolgers. Meer as 200 miljoen Christene in minstens 60 lande word fundamentele menseregte ontsê, bloot op grond van hulle geloof (aldus die World Evangelical Alliance).
Meeste vervolging vandag vind plaas in gebiede met beperkte of geen toegang tot moderne kommunikasie. Die meeste martelare ly en sterf anoniem, vegete, hul wrede dood onopgeteken en ongemerk, behalwe in die hemel. Vir baie is vervolging so 'n deel van hulle lewens dat hul nie eers daaraan dink om dit vir die wêreld te vertel nie.
Maak 'n punt daarvan om gereeld in jou gemeente, Bybelstudiegroep of gebedsgroep by die werk vir enkelinge en groepe in die vervolgde kerk te bid.
Die Hindoe gode (die goeies en die slegtes) so word beweer, is hoogs ontwikkelde wesens wat jou óf "seën" óf vervloek. Hul literatuur beskryf nêrens een spesifieke waarheid nie.
As Christene glo ons dat ons niks hoef te doen om die guns van God te wen nie. Hy het ons so liefgehad dat Hy Sy Seun gegee het om aan die kruis te sterf om ons sondes en boosheid te bedek. Dit is een van die sentrale geloofsoortuigings van die Christendom wat soos 'n simfonie van Genesis tot Openbaring deur die Bybel strek. Bid vir die Hindoes dat hule bewus sal word van die verwarring en teenstrydighede sommige van hul leringe en onderwysings. Bid dat hulle die een en enigste God wat ons geskape het en liefhet, sal leer ken.
Die Hindoegeloof, soos wat dit in die tweede helfte van die negentiende eeu na Suid-Afrika gebring is, is meestal op rituele gebruike gebaseer. Hindoeïsme is die godsdiens met die meeste moontlike vorms in die wêreld. In Suid-Afrika is die duidelikste kenmerk van hierdie diversiteit, taal.
Die Suid-Afrikaanse Hindoe gemeenskap woon hoofsaaklik in Kwazulu-Natal, maar ook in Johannesburg en is in vier taalgroepe verdeel: Tamil, Telegu, Hindi en Gujarati. Die Tamil groep is die grootste van die vier. Net soos in Indië, gee elke groep voorkeur aan sy spesifieke godsdienstige rituele, geloof en geskrifte.
Neem tyd om onder die leiding van die Heilige Gees vir elkeen van hierdie Hindoe taalgroepe in ons land te bid. Bid dat die Vader Jesus Christus aan hull sal openbaar as die enigste weg tot die ewige lewe en dat Jesus vir hulle nie net nog een miljoene goed sal wees, soos wat baie Hindoes glo nie. Bid vir herlewing onder die Christen Indiërs wat duisende ander na Jesus sal lei.
Maar Ek is in julle kring; soos die een wat dien. Lukas 22: 27.
In die Bybel word daar nie slegs na God se volk verwys as sy kinders nie, maar ook as sy dienaars. Paulus begin sy briewe aan die Romeine, die Filippense en sy vriend Titus op die volgende wyse: "Paulus, 'n dienaar …" Elke Christen is 'n dienaar van God en soos die term aandui, werk dienaars. Paulus beskryf sy diens aan God in Kolossense 1: 29 met dié woorde: Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk. Ons is gered om te dien - en as ons nie dien nie, dan oefen ons nie om toegewyde Christene te wees nie. God vra dat ons tyd, ons besittings en ons talente tot sy eer gebruik moet word. Vir lees en nadenke, Lukas 22: 7 - 38.