Voor die Welman gesin se vertrek begin Januarie 1999, het Rietfontein-Suid medeverantwoordelikheid geneem in terme van finansiële en morele ondersteuning. Japie en Ena Le Grange was die kontakpersone.
Die Welmans was hoofsaaklik besig met die vestiging en daarstelling van strukture van 'n nuwe gemeente in Gurue. Daarmee saam moes Anthonie op eenvoudige wyse die Woord verduidelik, die mense het geen woordkennis gehad nie. Leiers van die kerkies moes opleiding ontvang om sommige Sondae op hul eie 'n erediens te lei. Elsabé was betrokke by die vrouens, het soms werkswinkels aangebied en ook die Woord verduidelik. Elsabé het ook weekliks 'n kindergroep gehad.
Anthonie het 'n mielieprojek hanteer (koop mielies vanaf gemeentelede, stoor dit en deel uit in die honger-maande).
Chabwe skool is gestig en bedryf in een van die areas onder toesig van die IRM en Anthonie. Baie aandag is ook aan die skool en die bou daarvan gewy.
Nadat 'n uitreikgroep uit Klerksdorp Gurue besoek het, is die behoefte aan 'n radio bediening raakgesien. Freddie Swart het vir baie jare die aanvoorwerk gedoen. Anthonie en Freddie, in samewerking met pastore van ander kerke in Gurue, het Omwiwa Yesu gestig en saai tot vandag toe christelike programme uit op die plaaslike radiostasie.
Anthonie het ook die behoefte begin noem vir 'n bybelskool, maar dit het nie gerealiseer nie omdat die gesin moes terugkeer na Suid- Afrika ter wille van hulle tienerkinders (Desember 2004).
Allen en Ansie Van Der Merwe het oorgeneem by die Welmans en hulle gevestig in Gurue. Allen het die Woordskool op die been gebring en die leiers stuk-stuk begin oplei. Allen het self die opleidingsfasiliteite gebou.
Allen hou ook toesig oor die radio projek. Hy het die programmeerders rekenaarvaardigheid geleer, mooi verhoudinge gebou met regeringsamptenare wat baie positiwiteit teenoor hierdie projek teweeggebring het.
Allen en Ansie is ook baie betrokke by die Chabwe skool se bestuur en onderhoud van geboue. Ansie het bv. ook sakkies gemaak vir Chabwe leerlinge se skoolboeke. Ansie het op 'n stadium ook Engelse rekenaarlesse gegee deurweef met bybelse beginsels.
Oor die here tydperk was Rietfontein-Suid betrokke in die sendelinge se lewens en versorging, en het Japie en Ena altyd baie spesiale sorg getoon en altyd kontak behou. Daarvoor is beide die Welmans en Van Der Merwes baie dankbaar!!
deur
Elsabé Welman
- Besonderhede