Die doel van 'n omgeegroep kan as volg saamgevat word:
- Die ontdekking en uitleef van ons gawes.
- Onderlinge liefdesbande te bou in 'n informele en ontspanne atmosfeer.
- Bied elke persoon die geleentheid om geestelik te groei en dit te beoefen.
- Mekaar te bedien deur mekaar te ondersteun.
- Toegerus word om na mekaar en die omgewing uit te reik.
- Ideale plek om te leer om vir mekaar en ander in gebed in te tree.
- Om nie meer op die kantlyn te wees nie, maar om Christenwees deel te maak van jou daaglikse lewe.
- Opnuut deel te wees van God se familie deur opregte liefde aan mekaar te toon en ware dissipels vir Jesus te wees.