Met volle oorgawe
Met volle oorgawe: 'n omgeegroep getuienis
Waar begin 'n mens, as ek mooi daaroor dink het ons probleme al so drie jaar gelede begin, maar 'n mens probeer op jou eie die mas uitkom en gewoonlik moet iets ergs eers gebeur voordat jy besef die brëe pad wat jy besig is om te stap is glad nie die regte pad nie. Ons het op skei gestaan, was reeds by die prokureur, maar om die een of ander rede kon ek nie oorgaan tot die daad nie. Agt maande later vind ek toe uit dat in die tyd wat ons nie bymekaar was nie het hy vir my gebid, elke dag, gepleit dat ek besef dinge is nie reg nie en saam met hom weer terugkom kerk toe. Die erg gebeurtenis was toe ons seuns, ons wou nie luister nie en die enigste manier om ons op ons knieë te kry was deur ons kinders. Glo my, toe het ons Heer ons VOLLE aandag. Ons skakel toe in by Karin van Schalkwyk se sel groep en mens, is dit 'n belewenis. Wanneer dinge te rof gaan en ons sien dinge wil ons onder kry dan weet ons sel maatjies net wat om te sê vir ondersteuning. Hulle gebede het ons gedra en ek moet met eerlikheid sê in die familie wil ek bly, wanneer dinge pla en skaaf, gaan na die byeenkoms dan sien jy kans vir die lewe. Mense dit was die eerste tree om terug te draai na ons Heer en glo my ek luister nou met volle oorgawe. Dankie dat julle ons ingeneem het om vir ons te wys dat daardie nou paadjie groot genoeg vir ons ook is.