Openbare lofprysing deur nie-Moslems is verbode of word beoefen op risiko van arrestasie, tronkstraf, lyfstraf, deportasie en in sommige gevalle marteling.
Meeste Christene is werkers vanuit die buiteland en word oor die algemeen toegelaat om privaat lofprysing te hou, maar daar was al gevalle waartydens sommige gearresteer is, doodsdreigemente ontvang het en selfs gedwing is om weg te kruip.
Die aantal arrestasies het onlangs begin toeneem.
Meeste Saoediese gelowiges moet hul geloof onder 'n dekmantel hou of 'n moontlikheid in die gesig staar om vermoor te word om eer aan die Islamitiese geloof te betoon.
Sommige gemeentes se leiers is in die tronk of in skuiling. Bid dat gemeentelede nie vreesagtig sal wees nie, maar hul vertroue ten volle in die Here sal plaas. Bid vir die veiligheid van werkers vanuit die buiteland en Saoediese kerkleiers, asook vir dapperheid en wysheid.
Inligting met toestemming verkry van Geopende Deure soos op 10 April 2011.
Die gedwonge implementering van die Sjaria Islamitiese wet in 12 noordelike state bly 'n geweldige uitdaging vir die kerk.
Moslemaanvallers, onder die leiding van 'n polisie-beampte van Abuja, het 14 Christene in die Christendominante Barkin Ladi Regeringsdistrik om die lewe gebring.
Moslemjeugdiges het 2 studente aan die universiteit van Jos doodgesteek weens die veronderstelling dat hulle Christene was.
Tydens naweek-skermutselinge tussen Hausa Moslems en studente is 4 mense dood en 20 beseer.
"Vir nou is ons kalm, maar ons is almal op ons hoede," het Aminu Yusuf, 'n joernalis in Jos, gedeel. Bid asseblief vir die inwoners van Jos. 'n Onrustige kalmte het oor die stad gekom sedert die onlangse aanvalle , protesoptogte en teen-protesoptogte.
Inligting met toestemming verkry van Geopende Deure soos op 2 April 2011.
Christene wat openlik oor hul geloof getuig staar druk van hul families, hul gemeenskap en die regering in die gesig.
Omdat gelowiges bekommerd is oor hul veiligheid, probeer hulle om onder die radar te bly en om nie in die openbaar bymekaar te kom nie.
In Junie 2010, het die adjunk-sekretaris van die parlement aangedring op die teregstelling van Christen-bekeerlinge nadat die doopseremonie van Afghaanse Christene op TV uitgesaai is.
Gedurende Augustus 2010 is verskeie Christelike noodlenigingswerkers deur die Taliban vermoor.
Bid vir die versterking van geheime gelowiges wat onder druk geplaas word om van hul geloof afstand te doen. Bid vir die fisiese en geestelike wysheid van jong Christene wat gretig is om die Evangelie met ander te deel ongeag die gevaar.
Inligting met toestemming verkry van Geopende Deure soos op 26 Maart 2011.
Aan die begin van 2010 was daar 'n geweldige toename in die aantal Christene wat in hierdie land gearresteer is. Druk op die kerk by intens.
Meeste van die nagenoeg 350 000 gelowiges vanuit 'n Moslemagtergrond, leef in vrees dat hulle deur die regering geteister kan word. Na afloop van die onrus tydens die 2009 verkiesing is hierdie regeringstelsel sy geloofwaardigheid kwyt, en in 'n poging om die aandag van die steeds heersende protesoptogte af te lei, slaan hulle al meer toe op die land se Christene.
Bid vir die beskerming van Cristene wat in die tronk is, en vir deursettingsvermoë vir diegene wat dopgehou word. Die meerderheid van die bevolking is onder die ouderdom van 30. Bid dat hulle deur die Evangelie bereik sal word en dat hulle ware vrede in Jesus sal vind.
Inligting met toestemming verkry van Geopende Deure soos op 19 Maart 2011.