Maak tyd en lees biddend deur Jesaja 58. Skryf die dinge in hierdie gedeelte neer wat God haat of nie van hou nie. Skryf dan die opdragte neer wat Hy vir ons gee. Lees dit weer en skryf al die beloftes neer wat Hy aan sy kinders gee. Vra vir die Here of daar enigiets is wat jy moet bely of waarby jy betrokke moet raak om dinge reg te stel wat betref maatskaplike ongeregtigheid wat lyding veroorsaak vir die armes en behoeftiges. Versuim deur die kerk en die regering om hierdie situasie te probeer oplos, bring God se oordeel oor 'n nasie, sy leiers, die kerk en die mense.
Dit is nie meer nodig om mense te probeer oorreed om na 'n gebedsbyeenkoms te kom nie. Mense bely hul sondes openlik, getuig dat Jesus hulle vry en nuut gemaak het en hardloop dan die Christelike wedloop met blydskap in hul harte. Roep tot die Here dat Hy ons in hierdie geslag met herlewing sal begenadig.
Hierdie is 'n oproep tot gebed vir die Moslems gedurende hul maand Ramadaan. As gelowige stem ons nie saam met Islamitiese teologieë en idees nie, maar ons bid dat hulle Jesus as die Seun van God sal herken en erken.
Proklameer oor alle Moslems: Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom tot die Vader behalwe deur Jesus Christus nie.
Libië is onderhewig aan die Islamitiese wetgewing.
Alle landsburgers word "beskou" as Soenni-Moslems, en bekering tot 'n ander geloof het sosiale druk tot gevolg.
Daar bestaan wel klein Christengemeenskappe, maar hul bestaan hoofsaaklik uit nomades van die sub-Sahara en werkers vanuit Westerse lande.
Die wye netwerk van die geheime polisie maak dit vir kerke moeilik om aktiwiteite te organiseer.
Bid dat God se vrede oor Libië sal regeer, ten spyte van die voordurende onluste, en dat Hy Sy kinders sal toerus om sterk te staan in hul geloof om sy Koninkryk te laat groei.
Inligting met toestemming verkry van Geopende Deure soos op 1 Mei 2011.