Danksegging
Danksegging is 'n tyd waarin ek my waardering teenoor God uitspreek vir sy sorg en beskerming en vir wie Hy is.
Dink oor die dag en dank God vir sy sorg vir jou en ander.
Dank God vir nuwe dinge wat Hy gedoen het en doen: geestelik, fisies, sosiaal.
Dank Hom oor wie Hy is, sy gawes, antwoorde op gebed ... al sy seëninge.
Wees spesifiek in jou danksegging.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede
Persoonlike Versoeke
Versoeke vir jou persoonlike behoeftes.
- Om vir my "daaglikse brood" te bid.
- Om my eie nood, emosies, krisisse, behoeftes en begeertes na God toe te bring.
- Met nederigheid en in totale afhanklikheid kom vra ek God om in my behoeftes te voorsien. Ek kom as God se dienskneg en sy kind.
- Moenie voorskriftelik wees nie.
- Kom met geloof en vertrou - as God se vriend.
- Wees spesifiek.
- Christene mag met vrymoedigheid hulle persoonlike behoeftes na die Vader toe bring. En jy kan met 'n verwagting bid, selfs oor die kleinste dingetjies.
- Waak teen selfsugtige begeertes.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede
Voorbidding
Voorbidding of intersessie is om vir ander mense in te tree, om te konsentreer op die nood en behoeftes van ander mense, om vir ander in die bres te staan.
- Om te bid vir God se plan in ander se lewens.
- Om tussen God en ander mense te gaan staan en vir hulle behoeftes te bid - te vra vir genade en barmhartigheid.
- Dit is 'n geestelike posisie voor God - om daar te bly staan totdat jy die versekering het dat God jou gehoor het en Hy jou vrystel om nie meer daarvoor te bid nie.
- Dit is God se metode om sy kinders te betrek in sy plan met die wêreld.
Wanneer jy voorbidding doen, staan jy aan God se kant en werk jy saam met Hom tot redding of voordeel van iemand anders.
Daar kan tye van "geestelike oorlogvoering" in ons gebedstyd wees. Bid en vra die Here om deur die werking van die Heilige Gees aan jou te toon waar magte van die Bose aan die werk is. Vanuit jou outoriteit in Christus moet jy die magte van Satan in Jesus se Naam bind, hulle vestings verbreek en drogredenasies vernietig. Weerstaan die duiwel en gee aan hom geen vashouplek nie. Jesus het die Bose aan die kruis oorwin. Ons as gelowiges, moet hierdie oorwinning op elke terrein van die lewe gaan proklameer. Die aspek van geestelike oorlogvoering sal onder andere na vore kom in die periodes van waak, voorbidding en persoonlike versoeke.