Oordenking
Oordenking of Christelike meditasie is om 'n saak dieper te oordink of te ondersoek, om dit geestelik te evalueer.
Mediteer (oordink) oor die wese en die natuur van die Drie-Enige God, sy skepping, sy dade (werke) en karakter.
Neem 'n spesifieke tema uit die Skrif en dink daaroor (geregtigheid, liefde, waarheid, lig, vrede, heiligheid, ens.)
Neem 'n Skrifgedeelte en oordink dit (mediteer).
Maak God self die hooffokus van jou meditasie or oordenking: sy werke of dade, sy Woord, sy karakter.
Christelike oordenking (meditasie) staan tennoor Oosterse meditasie. In Oosterse meditasie gaan dit hoofsaaklik oor 'n passiewe gemoedstoestand en om jou verstand "leeg" te maak. Vir die Christen is oordenking 'n aktiewe proses van evaluering, ondersoek en bepeinsing waarby jy met volle verstand betrokke is en waar jy jou deur die Skrif en die Heilige Gees laat lei.
Oordenking is om gedissiplineerd na te dink. Waak dat die Satan nie sy gedagtes in jou plant nie. Waak ook teen negatiewe gedagtes in hierdie periode. Bedink alles wat waar, rein, edel, reg, mooi en prysenswaardig is. Wanneer jy 'n betrokke gedeelte uit die Skrif oordink moet jy onder andere vir jouself vra wat hierdie gedeelte vir jou wil sê.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede
Die Sombrero Sterrestelsel
Die Sombrero is 'n spiraal vormige sterrestelsel aan die suidelike rand van die Virgo groep van sterrestelsels, een van die grootste hemelliggame in die Virgo groep.
Die Sombrero sterrestelsel is 28 miljoen ligjare vanaf die aarde, 50 000 ligjare in deursnee en gelykstaande aan 800 biljoen sonne.
Dit is ontdek in 1767 deur Pierre Méchain.
'n Ligjaar is 'n eenheid van lengte, gelyk aan net minder as 10 triljoen kilometer, wat gebruik word om afstande op 'n galaktiese skaal te meet.
Dit plaas die Sombrero sterrestelsel 28 miljoen ligjare x 10 triljoen kilometer per ligjaar vanaf die aarde, en 50 000 ligjare x 10 triljoen kilometer per ligjaar in deursnee.
Ek het nie die sommetjies gemaak nie, my sakrekenaar wou nie ...
Die feit is, die ding bestaan, en hy is dáár, en hy is groot! en deksels vêr!
Die hele gedoente is bo my vuurmaakplek. Ek kry nie my brein sover om die omvang van hierdie afstande te verstaan en te visualiseer nie. En die Sombrero is nie die enigste een nie, daar's 'n magdom soortgelyke sterrestelsels!
In hierdie ontsagtelikheid van ons heelal, is ons nie eers 'n spikkeltjie nie, ... en tog is ons hier ... Christen en nie-Christen. Wat sê dit nie van God se grootheid nie?
deur
Casper Erasmus
Krediet: NASA en Hubble Heritage Team
- Besonderhede
Sang
Sang is melodieuse lofprysing en aanbidding.
Dit is 'n aksie om God met geestelike liedere te aanbid en te prys.
Dit kan 'n "battle cry" teen die magte van die duisternis wees. Sang en geestelike oorlogvoering (ons stryd teen die Bose) is onlosmaaklik deel van mekaar.
Gebruik bekende liedere of sing jou eie nuwe liedere. Jy kan begin deur Skrifgedeeltes te neem en daarvan liedere te maak.
Dit is om die Vader deur sang te verheerlik, te bewonder en te aanbid.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede