Lofprysing en Aanbidding
Lofprysing en aanbidding is 'n daad van bewondering, van en toewyding aan God.
- Aanbid God vir wie Hy is: die een wat jou geskep het - vir sy onfeilbare Woord - vir jou verlossing - dat jy in sy plan ingesluit is.
- Dit is om God te verhoog en te vereer.
- Dit is om God te erken vir wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak.
- Loof Hom vir sy Naam, sy geregtigheid, liefde, heiligheid, almag, grootheid, trou, alomteenwoordigheid, sy Woord, sy skepping, sy verlossingsdade, ens.
Jy kan bv. elke keer 'n ander tema kies om in hierdie tyd van lofprysing en aanbidding te gebruik. Brei soveel moontlik op hierdie tema uit, oordink dit, oorweeg wat die praktiese implikasies daarvan vir jou en ander se lewens is.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
- Besonderhede
- God is my Vader.
- Jesus het my lief, dat Hy vir my gesterf het.
- Wanneer ek my sonde bely, kan ek seker wees Hy verlos my van al my sonde en reinig my. En omdat Hy my verlos en gereining het staan ek nie meer onder die oordeel van God nie.
- Ek is vir God aanvaarbaar en daarom kan ek myself aanvaar.
- Besonderhede
Jesaja 58
Maak tyd en lees biddend deur Jesaja 58. Skryf die dinge in hierdie gedeelte neer wat God haat of nie van hou nie. Skryf dan die opdragte neer wat Hy vir ons gee. Lees dit weer en skryf al die beloftes neer wat Hy aan sy kinders gee. Vra vir die Here of daar enigiets is wat jy moet bely of waarby jy betrokke moet raak om dinge reg te stel wat betref maatskaplike ongeregtigheid wat lyding veroorsaak vir die armes en behoeftiges. Versuim deur die kerk en die regering om hierdie situasie te probeer oplos, bring God se oordeel oor 'n nasie, sy leiers, die kerk en die mense.
- Besonderhede