Waar en wanneer is ons besig?
Ons begin Sondagoggende om 8:50 reeds sing en van 9:00 af word 'n Kindererediens aangebied. Daarna verdaag die kinders na hul onderskeie klasse waar hulle tot 10:20 gehou mag word. Dit is op 'n Kerkraadsvergadering besluit dat die Kerkdienste soggens tot 10:15 aangaan. Ons vra dus weereens dat u NIE die kinders vroeër as 10:15 kom afhaal nie. Die Kategete bied 'n les aan wat dan onderbreek word en die kinders kry dan nie die volle boodskap soos beplan nie. Alle kinders kom nadat hulle klaargemaak het in hul klasse weer na die saal, waar u hulle kan kom afhaal.
Nagmaaldienste
Gedurende nagmaaldienste word met die gewone Kategese-program aangegaan en kinders moet dit dus steeds bywoon.
- Besonderhede
Ons Verwagtinge
Wat Ons Verwag Van Die Kinders
Daar word van die kinders verwag om elke Sondag hul Bybels, sowel as 'n potlood of pen saam te bring. Ons hoofdoel is om by hulle 'n liefde vir God Drie-Enig en sy Woord te kweek en die beginpunt is die Bybel.
Wat Ons Verwag Van Die Ouers
U, as doopouers, het reeds u belofte voor God afgelê dat u, u kind(-ers) in sy weë sal onderrig en lei. Ons as Kategete is deel van u ondersteuningsnetwerk in hierdie taak.
Primêr bly dit die ouerhuis waar alle kinders hul eerste kennismaking met God se liefde en genade moet kry, maar by die Junior Kategese help ons om hul kennis uit te brei en probeer ons hul liefde vir God en die Bybel te versterk en so prakties moontlik op hul lewens van toepassing te maak.
- Besonderhede
'n Verwelkoming aan ons Ouers en Kinders!
Die doel van hierdie webwerf is om u as ouers in te lig oor ons bedrywighede by die kindererediens en junior kategese.
U is meer as welkom om enige Sondag die Kindererediens by te woon en ons wil u aanmoedig om u kind(-ers) se Kategeet te leer ken.
Indien daar enigiets is waarvan u ons wil bewus maak of wat ons moet weet, neem asseblief die vrymoedigheid om met ons te kom gesels. Alle inligting word vertroulik hanteer en ons dra werklik net die beste belange van elke kind op die hart.
Mag ons dus hierdie jaar weereens ons oë op Christus hou as die Enigste Een wat werklik vir ons kan sorg, vertroos en leiding gee. Mag ons as Kategete en Ouers hierdie jaar weereens konsentreer daarop om ons kinders in liefde te lei en te ondersteun - hulle is immers die rede waarop ons hier op aarde is!
- Besonderhede