Die 40 dae het afgeskop en ons is op reis saam met die Heer, mekaar en ander christene van 78 gemeentes oor die land heen! Wow!
Welkom aan almal wat die uitnodiging aanvaar het en saam reis.
Ons gaan week vir week ‘n nuwe sleutel ontdek wat vir ons verder en dieper lei op die pad van ware lewe saam met die Heer.
Wat ons vir jou vra:
Dinge en Datums om te onthou:
Vir enige vrae kontak: Liezel (076 840 5591) ds Leon van Heerden (083 660 1803) of ds Leon Tait (082 601 4235) of mbt kinders Lita (082 453 8421) of mbt na-skooljeug vir DJ (083 420 2217) of skoolgaande jeug vir Stanwin (079 525 5695). Vir boekies Gert ( 072 120 2952) of Carine (082 410 0578)
Jou begaafdheid sorg daarvoor dat ander jou raaksien, laat jou uitstyg bo die res en gee vir jou 'n voorsprong in die lewe. Hierdie voordeel hou egter nie baie lank nie. Liedjieskrywer, Irving Berlin, het hierdie waarheid verstaan toe hy gesê het: "Die moeilikste deel van sukses is dat jy moet aanhou om suksesvol te wees. Talent is maar net die beginpunt in 'n besigheid. Jy moet aanhou wérk met daardie talent." Jy kan nie sweef in die lugstroom van jou vaardighede nie. As jy dan skielik jou vlerke probeer klap, gaan ander by jou verbyskiet. Die mega-topverkoper skrywer, Stephen King sê: "Talent is goedkoper as tafelsout. Harde werk is al wat talentvolle individue onderskei van die suksesvolle individue."
Baie van hierdie werk vind in jou karakter en in jou persoonlike wêreld plaas. Ken jy ook mense wat moes uitstyg bo die res maar nie het nie? Hulle het al die talent gehad wat hulle ooit sou nodig kry, maar dit nie gemaak nie. Hulle vriende, gesinne, afrigters en base sien hoe begaafd hulle is en wonder hoekom hulle nie aan die verwagtinge voldoen nie. Hulle talente het die deure oopgemaak, maar hulle verkeerde keuses het dit weer toegemaak.
Kyk bietjie na Nehemia se talent. Hy het Jerusalem se mure in minder as twee maande herbou - 'n ongelooflike daad! Kyk nou na Nehemia se karakter. Terwyl sommige van sy eweknieë geld teen sulke belaglike koerse uitgeleen het, dat mense dit nie kon terugbetaal nie, het hy gesê: "Dit is nie goed wat julle doen nie," (Neh. 5:9, OAV). Toe het hy aangekondig: "Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God. Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur," (Neh. 5:15-16, NAV).
Wil jy jou karakter ontwikkel? Volg dan in sy voetstappe!
© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za
Datum: 19 Mei 2013
Tyd: 12:00 - 14:00
Plek: NG Gemeente Rietfontein-Suid Kerksaal
Die volgende word voorsien: pap en sous, slaaie en broodjies. Nagereg sal verkoop word. Braaivleisvure sal gereed wees.
Wat moet elkeen saambring: Eie vleis, drinkgoed en eetgerei.
Alle NUWE INTREKKERS of persone wat nog nie 'n gemeente-ete bygewoon het nie, is BAIE WELKOM.
KOM KUIER GERUS SAAM!!
Navrae: Liezel Nieuwenhuis 076 840 5591