Ek wil graag met my mede selgroep maats, oues en nuwes ‘n pad stap, en ons het ook besluit om nie te stop nie; maar om definitief gereeld bymekaar te kom.
Ons wil betrokke bly by 'n persoon wat ons kan help, en nie op hou daarmee nie; maar aangaan!
Om mekaar te bly ondersteun en te bid vir mekaar!!
Om te poog om elke dag 'n Romeine 12 Christen te wees en ware spiritualiteit volgens Jesus uit te leef!
Ons groepie het 'n dogter by Huis Quanessa geidentifiseer wat kan doen met 'n bietjie spesiale aandag. Sy is tans 17 jaar oud en is verstandelik gestremd. Huis Quanessa is 'n spesiale versorgingseenheid met 'n fokus op kinders met gestremdhede.
Ons het haar op die 12de September gaan besoek. Sy was gretig om drukkies uit te deel.
Al kommunikeer sy moeilik kon ons agter kom sy is in haar hartjie 'n dogtertjie toe sy in een of twee woordjies genoem het dat sy lipstiffie wil opsit en ook "make-up" en krale vir haar nek wil hê.
Opvallend was die boekie wat sy al byna stukkend geblaai het oor die wonderwerke van Jesus. Sy gaan ook kerk toe en sê gereeld die woordjie God en wys met haar handjie na die hemel. Al verstaan sy bitter min, is Jesus deel van haar lewe en glimlag sy die hele tyd.
Ons is van voorneme om op 'n gereelde basis te gaan kuier en net sommer ietsie kleins vir haar persoonlik te neem. Ons is bewus van die feit dat mens haar nie te afhanklik van ons moet maak nie, maar glo dat 'n bietjie ekstra aandag haar hartjie net bly kan maak.
As jy ons die komende langnaweek soek en nie kry nie? Ons is by Emmarentia Geldenhuys Terrein, Bela-Bela (Warmbad) op ons gemeentekamp
Besprekings het gesluit. Nou gaan ons jol!
My eerste 40 dae het so 'n groot impak op my lewe gehad dat ek nie kon wag vir hierdie een nie.
Voorheen het ek kerk toe gegaan - amper asof dit maar net gedoen moet word.
Na aansluiting by 'n kleingroep het alles verander. Skielik het ek uitgesien daarna om kerk toe te gaan en het ook gevoel ek hoort hier en is tuis.
Die R12 het my nog verder laat groei en kan ek glad nie my lewe sonder betrokkenheid by die kerk en 'n kleingroep insien nie.