Welkom ouers en kinders
'n Verwelkoming aan ons Ouers en Kinders!
Die doel van hierdie webwerf is om u as ouers in te lig oor ons bedrywighede by die kindererediens en junior kategese.
U is meer as welkom om enige Sondag die Kindererediens by te woon en ons wil u aanmoedig om u kind(-ers) se Kategeet te leer ken.
Indien daar enigiets is waarvan u ons wil bewus maak of wat ons moet weet, neem asseblief die vrymoedigheid om met ons te kom gesels. Alle inligting word vertroulik hanteer en ons dra werklik net die beste belange van elke kind op die hart.
Mag ons dus hierdie jaar weereens ons oë op Christus hou as die Enigste Een wat werklik vir ons kan sorg, vertroos en leiding gee. Mag ons as Kategete en Ouers hierdie jaar weereens konsentreer daarop om ons kinders in liefde te lei en te ondersteun - hulle is immers die rede waarop ons hier op aarde is!