Kategete en indeling
Samestelling van ons klasse
Ons het besluit om die Kleuterkerk-groepie in twee te deel, sodat die Graad 0 (of R) apart van die heel kleintjies is. Dit help ons Kategete om hul aanbiedings meer spesifiek te fokus op die ontwikkelings- en begripsvlak van die groepe.
Dus, van 2010 af is die Kleuters van 3 jaar tot voor Graad 0 in een groepie en die Graad 0 (of R) - kinders weer in hul eie groep.
Hoewel ons in die laaste twee jaar die Graad 7 - kinders vir die eerste semester in 'n oorgangsfase nog by ons gehou het, het ons waargeneem dat hulle nog nie werklik gereed is om na die Senior Kategese - groep oor te skuif nie. Daar is dus op 'n Kategete-vergadering besluit om die Graad 7-klasse van nou af op 'n permanente basis by die Junior Kategese te hou.