Gebedsfokus op die Hindoe godsdiens
Die Hindoe gode
Die Hindoe gode (die goeies en die slegtes) so word beweer, is hoogs ontwikkelde wesens wat jou óf "seën" óf vervloek. Hul literatuur beskryf nêrens een spesifieke waarheid nie.
As Christene glo ons dat ons niks hoef te doen om die guns van God te wen nie. Hy het ons so liefgehad dat Hy Sy Seun gegee het om aan die kruis te sterf om ons sondes en boosheid te bedek. Dit is een van die sentrale geloofsoortuigings van die Christendom wat soos 'n simfonie van Genesis tot Openbaring deur die Bybel strek.
Bid vir die Hindoes dat hule bewus sal word van die verwarring en teenstrydighede sommige van hul leringe en onderwysings. Bid dat hulle die een en enigste God wat ons geskape het en liefhet, sal leer ken.