Lewenswysheid - die gawe van geloof
Die sleutel tot God se gawe is geloof
Wat is geloof?
Om te glo, is om oortuig te wees van die waarheid en betroubaarheid van dit waarin jy glo en om jou optrede daarvolgens in te rig.
Lees:
- Hebreërs 11: 1, 32 - 35
Geloof is om in jou hart te glo voordat jy met jou oë sien.
Lees:
- 2 Korinthiërs 5: 7
Geloof beteken om in Jesus Christus te glo.
Lees:
- Romeine 10: 9 - 10
- Johannes 5: 24
- Johannes 6: 40
Geloof beteken om Christus te gehoorsaam.
As jy doen wat Christus vra, gee jy egtheid aan jou geloof.
Lees:
- 1 Johannes 2: 3 - 5, 23 - 24
- 1 Johannes 5: 3
- 2 Korinthiërs 7: 1b
Geloof beteken om berou te hê.
Berou is om 'n diepgaande verandering van gedagte en optrede te ondergaan.
Dit beteken om die rug te keer op die ou self en God se weg te volg.
Lees:
- Jeremia 31: 18b
- Sagaria 1: 3
- Markus 1: 15
Geloof beteken om jou vertroue in Christus te plaas.
Selfs ons beste dade is onvolmaak en deur sonde aangetas.
Dit is tyd om jou vertroue in Christus te plaas en op te hou om op jou eie krag staat te maak.
Lees:
- Filippense 3: 4b - 11
Geloof beteken om aan Christus te behoort.
Jy is duur gekoop met die bloed van Christus en daarom behoort jy aan Hom!
Lees:
- Romeine 7: 4c
- Romeine 14: 8b - 9
- 1 Korinthiërs 3: 23
- 1 Korinthiërs 6: 19b - 20
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika