Saam met God by die werk - bou goeie verhoudings
Saam met God by die werk
5. Bou Goeie Verhoudings
Ons hoor dikwels dat werknemers 'n maatskappy se grootste bate is. Daarom is die verhoudings tussen mense in die werkplek van uiterste belang.
Arbeidsonrus en ongemotiveerde werknemers kos die ekonomie jaarliks miljoene rande. Aan die ander kant is goeie arbeidsverhoudings die grondslag van 'n stabiele en winsgewende organisasie.
Hiervoor is wedersydse vertroue en respek nodig, asook die besef dat almal - werkgewer en werknemer (eienaar en slaaf in die tyd van die Bybel) - onder die gesag van die Here staan.
Hy verwag van werknemers om elke dag hard te werk en billike vergoeding te ontvang.
Lees:
- Levitikus 19: 13
- Deuteronomium 24: 14 - 15
- Efesiërs 6: 5 - 9
- Spreuke 27: 18
- Hebreërs 13: 5 - 6
- Filippense 4: 11
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika