Familie - 'n omgeegroep getuienis
Familie: 'n omgeegroep getuienis
My "afspraak" op 'n Woensdagaand het verander na 'n ontmoeting met mense wat vir mekaar omgee. 'n "Ontmoeting" waarna ek elke week uitsien. Ek klim uit my kar en word met soveel hartlikheid gegroet. Wanneer ek die vertrek binnestap word my glimlag al breër want die atmosfeer is gevul met opregte vriendelikheid. Dit gaan nou nie net oor wat ek uit die ontmoeting kan kry nie, maar wat ek miskien vir 'n ander kan beteken. Dit is dalk nie my tyd om deur 'n storm te gaan nie, maar die persoon langs of oorkant my wat deernis en liefde bitter nodig het. Soveel gebede is al verhoor en daar is altyd 'n oor om te luister of 'n drukkie sommer maar net. Ons dra mekaar se laste en vreugdes. Op 'n Sondag skuif daardie bekende gesigte in die kerkbanke in en 'n gevoel van dankbaarheid sit om jou hart dat daardie besondere mense ook deel vorm van jou lewe. My omgeegroep is my familie in Christus!