Bid vir mense van ander gelowe
Hindoegeloof
Ons vra die Here om ons harte oop te maak en in te tree vir die redding van Hindoes sodat nie een verlore sal gaan nie (2 Petrus 3: 9).
Daar is aspekte van die Hindoegeloof wat baie soos die Christelike geloof klink, maar dit is beslis nie dieselfde nie. Die Christelike geloof is die enigste geloof waar een Persoon gekom het en Sy lewe gegee het sodat ons almal daardeur die ewige lewe as VRYE geskenk kan ontvang. Die meeste godsdienste vereis dat mense die gode sal paai en goeie werke gedoen moet word om mag, geld, guns en "saligheid" te verkry.
Die Hindoegeloof, soos wat dit in die tweede helfte van die negentiende eeu na Suid-Afrika gebring is, is meestal op rituele gebruike gebaseer. Hindoe-isme is die godsdiens met die meeste moontlike vorms in die wêreld. In Suid-Afrika is die duidelikste kenmerk van hierdie diversiteit, taal.
Die Suid-Afrikaanse Hindoe gemeenskap woon hoofsaaklik in Kwazulu-Natal, maar ook in Johannesburg en is in vier taalgroepe verdeel: Tamil, Telegu, Hindi en Gujarati. Die Tamil groep is die grootste van die vier. Net soos in Indië, gee elke groep voorkeur aan sy spesifieke godsdienstige rituele, geloof en geskrifte.
Neem tyd om onder die leiding van die Heilige Gees vir elkeen van hierdie Hindoe taalgroepe in ons land te bid.
Bid dat die Vader Jesus Christus aan hulle sal openbaar as die enigste weg tot die ewige lewe en dat Jesus vir hulle nie net nog een miljoene goed sal wees, soos wat baie Hindoes glo nie.
Bid vir herlewing onder die Christen Indiërs wat duisende ander na Jesus sal lei.
Bid dat God jou die gawe van voorbidding en empatie sal gee om spesifiek vir die Hindoes in Suid Afrika te bid. Vra dat die kerk pertinent bewus sal word van die dringendheid van die tye en seisoene en dat vele sal uitgaan in die oesland van die wêreld en hulle lewens in belang van die koninkryk sal gee vir dié wat in duisternis lewe.