Lewenswysheid - hoe weet ons wat sonde is?
Hoe weet ons wat sonde is?
Die mens is nie onkundig oor God se wette nie maar weens sy sondigheid het hy gekies om sy eie pad te volg.
God het aan ons die Tien Gebooie gegee en in die Nuwe Testament som Jesus God se gebod op sodat ons dit kan verstaan en daarvolgens kan leef.
Lees:
- Eksodus 20: 1 - 17
- Romeine 7: 7b
- Mattheus 22: 37 - 40
Die gevolge van sonde
Soos Adam en Eva wat vir God weggekruip het toe hulle agterkom dat hulle verkeerd gedoen het, so word ons van God geskei wanneer ons nie sy wil doen nie.
Lees:
- Jesaja 59: 2
- Romeine 8: 7 - 8
God veroordeel sonde
Sonde druis in teen God se natuur en daarom moet dit gestraf word.
Lees:
- Romeine 1: 18
- Romeine 14: 12
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika