Lewenswysheid - God die almagtige skepper
God het die hemel en die aarde gemaak
Kom ons begin deur te kyk wat die Bybel ons leer oor God se skepping en oor Hom as die Skepper en Heerser van die wêreld.
Lees:
- Handelinge 17: 24 - 25
- Lukas 1: 37
- Johannes 1: 3
- Jeremia 10: 6, 12
- Jesaja 45: 11a, 12
- Openbaring 4: 11
God het die mens gemaak
In Genesis lees ons dat God Adam, die eerste mens, gemaak het deur hom uit die stof van die aarde te vorm. Toe God sy asem in hom geblaas het, het hy 'n lewende wese geword.
Lees:
- Genesis 2: 7
- Genesis 1: 27
God se doel met die mens
As 'n verdere teken van sy liefde en vertroue het God nie slegs die mens na sy eie beeld gemaak nie, maar Hy het hom in beheer van die skepping geplaas om dit te bestuur en te versorg.
Lees:
- Genesis 2: 15
- Psalm 8: 6 - 8
- Handelinge 17: 25b - 28a
Die mens verwerp God
Die mens se antwoord op die vertroue wat God in hom gestel het, was om ongehoorsaam te wees en sy liefdevolle kameraadskap te verwerp. Die gevolg was dat sonde in die wêreld gekom het. Die bewyse van die mens se sondigheid is oorweldigend.
Lees:
- Romeine 1: 25
- Romeine 3: 23
- Mattheus 15: 19
- Psalm 14: 2 - 3
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika