Lewenswysheid - die pad na redding
Lewenswysheid, die pad na redding
Inleiding
Die bybel is baie eeue oud. Trouens, die laaste boek van die Ou Testament is lank voor die geboorte van Christus geskryf terwyl die Nuwe Testament tot stand gekom het teen die einde van die eerste eeu n.C. Tog is die boodskap van hierdie boek uit die verre verlede steeds nuut en vars vir elke generasie.
As die lewegewende Woord van die Lewende God is dit deur die eeue heen en tot vandag toe steeds die bron van krag en vertroosting vir miljoene gelowiges wat soos Paulus met oortuiging kon sê:
Lees:
- Romeine 8: 38b - 39
In 'n wêreld vol onsekerheid twyfel mense egter oor die waarde van geloof. Anders as Paulus is hulle nie oortuig van God se onwrikbare liefde vir hulle nie.
Dikwels soek hulle sekerheid in hulleself en in tydelike dinge terwyl hulle die ewige waarhede wat in die bybel staan uit die oog verloor.
Lees:
- Prediker 2: 13
Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika