NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Belydenisgroep 2012

Wat lê voor vir Belydenisgroep 2012 tot Mei 2013?

Toets: 9 Oktober 2012

Toets oor al die werk op 9 Oktober om 18:30 - daar sal nie klas wees daarna nie. Die wat 80% kry vir kortvrae en/of langvrae, hoef nie daardie afdeling op die kamp te skryf waar hulle 80% moet kry nie. Niks anders as wat reeds as toetsvrae op papier deurgegee is, sal gevra word nie.

Netwerkkursus (in plaas van klas op die 9de): 23 en 30 Oktober, asook 6 November 18:30 - 21:00

Kamp: 20 Maart 2013

Ons ry Woensdag, 20 Maart om 15:00 vanaf die kerk na Die Eiland (anderkant Tzaneen) en is Sondag, 24 Maart weer terug by die kerk om 18:00. (vanaf die Maandag is daar darem nog 2 weke skoolvakansie in April oor indien gesinne saam wou weggaan/vakansie hou). Kostes ongeveer R550-00 per persoon.

Persoonlike Gesprekke: tydens die kamp en daarna voor belydenisaflegging kan plaasvind.

Belydenisaflegging: die eerste geleentheid is in Mei 2013; in elke kwartaal daarna is daar 'n geleentheid.

Deurgaans tot Belydenisaflegging: Sondae se Jeuggroep asook aanddiens bywoning.

Deurgaans na Belydenisaflegging: Sondae se kerkdiens bywoning en verkieslik inskakel by Woensdae se Jeugaksie asook inskakeling by aktiwiteite van die gemeente volgens gawes, ens. wat gedurende die Netwerkkursus vasgestel is.

 

Mighty Kids @ Pilditch

Mighty Kids @ Pilditch byeenkoms vir kinders in Pretoria

U word hartlik uitgenooi om deel te wees van een van die grootste byeenkomste nóg wat vir kinders in Pretoria aangebied word.

In ons samelewing is die gebrek aan dissipline en morele standaarde besig om ons kinders te verwoes. Ons wil graag 'n Jesus-verskil maak in kinders se lewens. Daarom nooi ons alle kinders om deel te wees van ‘n loffees op Pilditch Sport Stadion, 1 Septmeber 2012, vanaf 12:00-15:00.

Tydens hierdie Mighty Kids @ Pilditch geleentheid gaan ons God vertrou om kinders se harte na Hom toe te draai en 'n verskil in hulle lewens te maak. Dit gaan 'n opgewekte byeenkoms wees wat deur Willie en die Wenspan en Transforming Kids gelei gaan word in lofsang en gebed. Ons wil daarmee saam 'n beginsel vasmaak, dat elke kind 'n kampioen is in Jesus Christus, die Kampioen van alle tye. Ons verwag 12 000 mense – ouers en kinders.

Ons bid dat u dit sal goedvind om deel te wees van hierdie Jesus-projek en saam met ons sal staan vir verandering. God wil die lewens, harte en omstandighede van kinders verander.

Ouers, skole en kerke word uitgenooi om hulle kinders na Jesus toe te bring. Ouers word aangemoedig om hul kinders te vergesel na die geleentheid. Laat al die kinders, ouers en vriende kom om vir ons liefdevolle Koning Jesus te kom sing!

Vir verdere inligting is u welkom om die webtuiste www.mightykids.co.za te besoek vir meer inligting, of om ons persoonlik te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of telefonies vir Wynand 083 458 2370 en Willie 082 578 1224.

Mighty Kids @ Pilditch