Op Saterdag, 12 Mei 2012 word daar weer kospakkies gepak vir Moot Care se voedselprojek.
Ons gaan 10:00 in Mootvallei se kerksaal (die ou Eloffsdal-Wes gemeente, net agter die Mayville Laerskool in Louis Trichardt straat) bymekaar kom om die kospakkies te pak.
Ons nooi almal uit om te kom help - hoe meer hande daar is, hoe gouer is ons klaar.
Vir enige navrae kontak asseblief vir Leonie by 076 136 9655 of 012 332 2794.
Kom ons maak dit 'n lekker spanpoging. Die nuwe koepons gaan ook beskikbaar wees om te koop teen R20 per koepon.
Maandelikse Behoeftes
Algemene Benodighede
Opgradering en Herstelwerk
Moot Care se nuwe voedselskema bekendstelling vind plaas op Saterdag, 10 Maart 2012, om 10:00 in die kerksaal van NG Kerk Rietfontein-Suid.
'n Goeie uitdaging vir selgroepe, barmhartigheid of enige vrywilligers.
Navrae:
Louwna Bouwer by Moot Care Sentrum 012 330 0632 of 071 480 1178 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..