NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Sendingfees 2011

Rietfontein-Suid hou Sendingfees

Sondag, 20 Februarie 9:00

Terugvoer in die erediens word gegee deur:

  • Allen en Ansie Van Der Merwe (Mosambiek)
  • Blackie Swart (Radio Gurue)
  • Ds. Hannes Peens (Limpopo Sending)
  • Ds. Leon Tait (Armenië en Koerde)

Vrydag, 25 Februarie 18:30

Ete met Alta Glas en besoekers van Kambodja.

Sondag, 27 Februarie 9:00

Terugvoer in die erediens word gegee deur:

  • Johan Naudé (Laudium)
  • Ds. Leon Tait en besoeker(Noord-Irak en Koerde)
  • Ds. Leon Tait (Sending Sonder Grense)

Persoonlike onderneming ten opsigte van Maandelikse Dankoffer, Barmhartigheid na buite en Geloofsofferbeloftes word gedoen.

 

Agtergrond geskiedenis van Sending Sonder Grense

Die ontstaan van Sending Sonder Grense

2010 was die 50ste bestaansjaar van Sending Sonder Grense wat in 1960 as "Underground Evangelism" begin het. Underground Evangelism het destyds Bybels in die kommunistiese lande ingesmokkel en die leiers en lidmate van die ondergrondse kerke bygestaan.

In 1992 het Underground Evangelism se naam na Mission Without Borders verander met die fokus om die armoede wat kommunisme agtergelaat het, aan te spreek. Sending Sonder Grense bedien in Albanië, Bosnië, Bulgarye, Moldawië, Oekraïne en Roemenië (vroeër kommunistiese lande).

Ons verskaf Christelike literatuur en onderrig, en voorsien terselfdertyd in die materiele behoeftes van die armes en behoeftiges. Ons is op die oomblik deur ons KRI-borgprogram betrokke by die lewens van meer as 27000 kinders in kinderhuise en by meer as 1000 gesinne deur ons Gesin-tot-Gesin-borgprogram.

 

Gemeente betrokkenheid

Ons betrokkenheid as gemeente

Deur Sending Sonder Grense word heelwat kinders in Oekraïne en Moldawië deur lidmate van ons gemeente geborg. Daar word gereeld by ander gemeentes namens Sending Sonder Grense aanbiedings en preke gedoen oor Sending Sonder Grense se werk en om borge vir kinders/families te werf. Groot dank aan almal wat so getrou vir hierdie bedieningswerk bid.

Vanjaar is dit 20 jaar terug dat kommunisme tot in val gekom het en die Berlynse muur letterlik afgebreek is. Ongelukkig het kommunisme ''n slegte nalatenskap: bankrot regerings, erge armoede, geweldige maatskaplike probleme, en oorvol kinderhuise (bv. in Oekraïne is daar 300 kinderhuise, en in Roemenië is daar 630).

Daar word tans gepoog om elke maand vir 20 kinders in kinderhuise borge te kry teen R160 per maand. Dit is genoeg om in hierdie oud-Russiese lande letterlik vir alle basiese lewensmiddele wat ''n kind nodig het, te betaal, asook in hul geestelike, opvoedkundige en emosionele behoeftes te voorsien.

Die Here is uiters getrou! Orals waar SSG se werk in gemeentes bekendgemaak word, raak Hy lidmate se harte aan om maar nie net vir hierdie saak te bid nie, maar om ook self kinders te borg. Party verkies om eerder ''n bydrae tot die Cernoleuca kinderhuis in Moldawië te maak (dit beteken ''n verskil in 75 kinders se lewens), en ander verkies om eerder ''n gesin te help borg om sodoende te keer dat daardie gesin se kinders in die kinderhuis beland.

Hou asseblief aan om die Here te dank vir sy seën op hierdie bediening, en bly bid vir nuwe geleenthede vir preke en aanbiedings tydens eredienste.