Take vir Taakspanleiers as die leier van 'n taakspan
Beplanning en Begroting
Stel die visie van die taakspan in lyn met die van die leierspan.
Stel die take van die taakspan in lyn met die visie.
Detail beplanning en begroting van jaarlikse aktiwiteite van die betrokke Taakspan met inagneming van die beplannings- en begrotingsriglyne.
Bestuur van Taakspan
Operasionele vergaderings van Taakspanne reël om te help om Taakspanaksieplanne te formuleer en operasionele besluite te neem.
Passievolle en begaafde lede vir sy / haar Taakspan werf om die Taakspan se werk uit te voer.
Bedryf
Aksie neem om die Taakspan se werk uit te voer.
Geld bestee volgens Taakspan besluite en Gemeente beleid.
Rekord hou volgens beleid van geld bestee.
Verseker dat die take van die taakspan doeltreffend verrig word.
Kommunikeer met taakspan lede en met ander taakspanne om doelwitte te bereik.
Verslagdoening
Die Taakspan se werk met passie en deur begaafde lede uitvoer.
Verslag doen aan Bedieningsleier, Leierspan en Gemeente oor suksesse en resultate van Taakspan in ooreenstemming met die beplanning en begroting.
Gebedsversoeke vir die Taakspan se werk aan Leiers en Gebeds Taakspan deurgee.
Kwalitatiewe Vereistes aan Taakuitvoering
Taakspanleiers moet hulself bepaal by die take wat verband hou met hul eie betrokke taakspan en nie inmeng by ander taakspanne se bedrywighede nie.
Belangrike besluite/voorstelle moet eers aan die Bedieningsleier voorgehou word vir goedkeuring voordat dit geïmplementeer word.
Die taakspanleiers moet ook erken word as deel van die leiers, en alle besluite wat verband hou met die betrokke taakspan, moet eers met die Taakspanleier bespreek word voordat dit goedgekeur/afgedwing word.
Wanneer take/pligte aan taakspanleiers oorhandig word vir afhandeling, moet daar volmag aan die betrokke leier gegee word om voort te gaan met implementering, sonder die inmenging van ander bedienings- en taakspan leiers. Na afhandeling word die eindproduk word dit dan slegs aan die aangewysde meerdere (soos bv. die leraar of Bedieningsleier) voorgelê vir goedkeuring.