Voordat ons oor Sleutel 2 begin gesels vandag, wil ek graag iets met jou deel oor die reeks waarmee ons tans besig is. Die hele reeks handel oor die dinge wat ons wens Jesus liewer nooit gesê het nie. Met hierdie dinge wat Jesus gesê het, is Hy as te ware besig om vir ons ’n ideaal te skep. Dis is soos ’n kunstenaar wat besig is om sy droom van hoe hy die werklikheid sou wou gehad het, te skilder. Verbeel jou ’n idilliese (volmaakte) toneel langs ’n waterstroom op die skilderdoek van die kunstenaar. Dit is ’n beeld van sy ideaal wat hy vir ons skilder.
Die realiteit waarin hy egter leef is baie anders as dit wat ons op die skilderdoek sien. Jesus se hele lewe was gewy daaraan om vir ons die ideaal van God se koninkryk te skilder. Die skilderdoek – die evangelie! Hierdie reeks daag ons uit om ’n paar dinge te doen:
Met dit in ons agterkoppe, kan ons nou die uitdaging tot ’n toegewyde lewe aan God bedink.
Richard Osmer is ’n baie gewilde Praktiese Teoloog. Hy is sekerlik mees bekend vir sy bydrae tot die antwoord op die vraag: "wat is die taak van Praktiese Teologie". Hy meen dat daar vier belangrike take is.
Om Sleutel 2 van ons reeks te begin uitpak, gaan ons van twee van hierdie take gebruik maak. Die eerste is die "deskriptiewe taak" – hier kyk ons na die huidige stand van sake. Met ander woorde: "hoe is dit?".
Sy derde taak (ons tweede) is die "normatiewe taal" – hier kyk ons na die ideaal of na die "hoe behoort dit te wees" vraag. Kom ons vra daarom dié twee vrae vandag ...
...geskryf deur DJ Muller