Vriende van ons het redelik onlangs vir die eerste keer ouers geword van 'n pragtige dogtertjie. Kyk, pappa kan nie uitgepraat raak oor die absolute vreugde wat hierdie nuweling in hul lewe gebring het nie.
Ons kan self ook die verskil in hulle lewens en menswees agterkom. Skielik is hulle baie anders. Natuurlik is hierdie verandering te danke aan die nuwe lewetjie wat tot hul gesin toegevoeg is.
Kom ons hou vir oomblik hierdie gesinnetjie in ons agterkoppe, ons sal oor 'n rukkie weer na hulle terugkeer.
...geskryf deur DJ Muller