Alle eer aan die Here om te kon aanskou hoe feitlik 'n hele gemeente vorentoe beweeg om hulle te "commit" tot die r12 "Reis". Dat elkeen gewillig is om gedurende hierdie reeks werklik erns te maak met hulle geestelike groei en verhouding met die Here.
Ons kan nie anders as dankbaar erken dat die Here getrou is en daarom kan elkeen uitsien - met 'n opgewondenheid - na ons ontmoeting met die Here deur die Woord en deur die werking van die Heilige Gees in ons geestelike wandel met Hom.
Ons is met week 2 besig ook in die Omgeegroepe waarin gemeentelede ingedeel is of waaraan sommige alreeds heel tuis is. Die sessies word in alle ywer aangepak en die r12 boekies 'n hulpbron van onskatbare waarde wat heel verstaanbaar is. Chip Ingram se persoonlike stempel is oral sigbaar en dit is 'n aangename atmosfeer wat heers terwyl almal met die nodige doenig is.
Mag dit 'n onvergeetlike ervaring wees waarin elke gemeentelid alles ten volle sal oorgee aan die Here sodat Hy as Koning in elkeen se lewens sal heers.
SAAM GROEI ONS TOT SY EER
geskryf deur
Liezel Nieuwenhuis