NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Atmosfeer

As ek terugkyk na ons sessies as Omgeegroep tydens die R12, staan een aspek vir my die meeste uit: die gemaklike/gemoedelike atmosfeer wat daar geheers het waarmee die vrae met eerlikheid onder mekaar bespreek is.

Dit het my weereens laat besef hoe kosbaar my Omgeegroep vir my is en die spesiale mense wat deel van my geestelike familie vorm.

Dat ons mekaar so kan vertrou en waardeer.