Wag op die Here is 'n daad van oorgawe aan en liefde vir god en bewondering van God, (dikwels woordelose aanbidding).
In hierdie stilte periode stel ons, ons in op God self, rig ons wese op Hom en wy ons, ons opnuut aan Hom toe. ons verbly ons in sy teenwoordigheid en oor sy teenwoordigheid.
Dit is 'n tyd van diep persoonlike en intieme kommunikasie met God, dit is wanneer ek as beperkte en eindige wese in die teenwoordigheid van God as die Onbeperkte en Oneindige Wese kom staan.
By hierdie punt maak ons seker dat ons lewende kontak met God maak. Hierdie tyd van wag op die Here kan nie afgejaag word nie, daar is nie plek vir ongeduld en haastigheid nie.
In hierdie periode dink jy aan niks anders as aan God die Vader, sy Seun Jesus jou Verlosser en die Heilige Gees nie.
Gedagtes wat by jou opkom hoef jy noodwendig om te sit in woorde nie. Konsentreer op jou verhuding met God en jou liefde vir Hom.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat ''n mens ''n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na ''n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.