Al swerf ons in 'n woestyn, ... Christus eerste!

SKAKEL EERS VIR KWOTASIE!

Kwotasies slegs by Frieda Cook 083 235 0236.

Betalings kan gedoen word nadat kwotasie ontvang is.

LANDSKAPEERDER

Gee tuinadvies. Tuindienste beskikbaar.

Skakel Arné by 076 030 5222

BOOMSLOPING

en snoei van bome en struike.

Skakel Ernst by 083 656 4992

MUFFINS

Bacon & Kaas @R36 p/dosyn, Chock & Chock Chip @R30 p/dosyn, Wit met Rosyne @R30 p/dosyn, Nutty wheat & Rosyne @R36 p/dosyn, Wit met Chock Chip @R36 p/dosyn.

Ideaal vir vergaderings, verjaarsdae, funksies en enige ander geleenthede!

Bestellings: Skakel Anne-Marie Van Zyl by 072 238 8932

Value Odds & Ends Construction

Spesialiseer in: Plaveisel (niks te groot of te klein) / Teëlwerk / Algemene Bouwerk / Opknapping / Verbeterings / Verfwerk / Loodgieterswerk / Elektriese werk / Veiligheidsheinings & Hekke / Staalwerk / Afdakke

BETROUBAARHEID & KWALITEIT GEWAARBORG!!

Tel: 012 335 4949, Faks: 012 335 1169

Voortrekkersweg 899, Wonderboom-Suid

Simon 083 686 5676

Akriel Naels

Sorette Carstens

Pryse:

Volstel Naels - R 250, Opvul van Naels - R 140, Gel op Toonnaels - R 120

Kontak 072 172 0145

C'nanru Eiendomme

Ons bied 'n verskeidenheid van dienste:

  • Gratis waardasies
  • Bemark om te verkoop
  • Kwalifisering van nuwe kopers
  • Lening aansoeke
  • Advies om eiendom se waarde te verhoog
  • Boedelwaardasies

Kontak Naómi by 082 804 1200 of 012 331 0015

NG Gemeente Rietfontein-Suid

NG Gemeente Rietfontein-Suid Hartlik welkom by NG Gemeente Rietfontein-Suid se webwerf.

Erediens: 9:00

Aand-/Jeugdiens: 18:30

Adres: h/v Ben Swart Straat en 16de Laan, Rietfontein.

Lente-Mannebyeenkoms

Woensdag, 1 September 2010

Alle manne welkom!!!

18:30 - 19:30 in OASE, Spreker: Ds. Leon Tait, Tema: "Etikette"

NG Gemeente Rietfontein-Suid: "Beta" Webwerf

Beta Webwerf Die nuwe gemeente webwerf is in die eerste stadium van ontwikkeling, met 'n hele rits nuwighede wat beplan word!

In die volgende paar maande sal dele van hierdie webwerf oorbeweeg word na die nuwe webwerf toe.

Gaan besoek ons "beta" webwerf weergawe.

Moot Karnaval 2010: Karnaval Webwerf

Moot Karnaval Ons Moot Karnaval het nou sy eie webwerf gekry.

Gaan besoek ons by Moot Karnaval.

Kom geniet dié spesiale dag ! Indien daar nie 'n Dienswerker by jou wyk is nie, kan jy jou bydrae by die kerkkantoor kom gee. 8:00 - 13:00 Maandag - Vrydag. Dienswerkers het kollektelys ontvang waarop u, u bydrae vir die karnaval kan aanteken. Kom wees deel van hierdie groot feesgeleentheid.

Moot Karnaval 2010: Bestanddele

Moot KarnavalWil jy bestanddele skenk vir Moot Karnaval 2010? Vul asseblief die onderstaande vorm in.

Kontak Herman Labuschagne 082 461 1152





Ons benodig die volgende bestanddele:

Item Hoeveelheid
Oros, Lemoen 40 liter
Aartappels 10 kilogram (x10)
Maalvleis R 1,000.00
Blossom Tubs 1 kilogram
Kookolie 120 liter
Verf (velde) R 300.00
Koekmeel 5 kilogram (x9)
Suiker 30 kilogram
Springmielies 10 kilogram
Koeke
Terte
Nagereg
Vla (Parmalat)
Asyn 5 liter
Verpakking Geld
Melk 10 liter
*Jou Naam:
*Kontak Nommer:
*E-pos Adres:
Jou Skenking:

Die * verwys na verpligte inligting.


 

 

 

 

Justus Tsungu: Sondag, 12 September 2010

Tydens 9:00 erediens, die bekende Christenleier en Radio-omroeper Justus Tsungu (ook bekende as die "swart boertjie") besoek ons.

Jeug Uitreik

Benodig borge vir 20 lengtes staal om rakke te maak vir stoor van kos en klere wat ontvang word. Lengte (6 meter) prys R 64-50.

Kontak: Michael Robinson 072 190 6869.

Netwerkkursus

Hoe wil God jou gebruik?

Ontdek hoe God jou wil gebruik vir Sy doel. Kom ontdek jou gawe en roeping!

31 Augustus en 14 September 2010

Kostes: R 55-00 vir werkboek.

Registreer by Malinda Joubert 082 839 3275, ook by MI Toonbank.

Kursus: Hinduïsme

Al ooit gewonder oor die "mistieke wêreld" van die Hindu, sy miljoene gode en sy rituele - en hoe om so iemand te bereik vir Jesus?

Kry meer inligting by Taakspan vir Sending se webwerf.

Uitreike 2010

Wil jy ook kom deelneem aan verskeie uitreike gedurende hierdie jaar?

Kry meer inligting by Bediening vir Uitreik se webwerf oor uitreike in 2010.

Taakspan vir Media en Reklame: Prys Verhogings

Media Prys verhoging op alle DVD's en CD's vanaf 8 Augustus 2010

DVD's teen R40-00 en CD's teen R20-00 elk.

Alle Cd's en DVD's wat bestel is moet asseblief afgehaal word by die MI toonbank.

Taakspan vir Gebed: Ramadaan - 30 Dae Van Gebed

Gebed 11 Augustus tot 9 September 2010

Fokus op Ramadaan, 30 dae van gebed. Riglyne beskikbaar by die toring, na die erediens.

Hoe kan ek gedurende Ramadaan bid?

Bid dat Moslems 'n bonatuurlike openbaring van die Genade en Liefde van Christus sal ontvang en 'n ontmoeting met die Here Jesus Christus sal hê en sal kies om Hom alleen te dien.

Taakspan vir Media en Reklame: Rietfluit Maandblad

Rietfluit Adverteer jou dienste, besigheid, "smalls", ens. vir maksimum blootstelling.

Kostes wissel (sluit gratis advertensie op webwerf in) afhangende van afmetings.

Wil jy goedere, klere, kos of dienste GRATIS weggee? Adverteer dit gratis onder Ons gee om ... So help ons ander.

Kontak: Frieda Cook 083 235 0236 of stuur 'n e-pos aan Media en Reklame.

Taakspanne vir Kinders en Jeug

Kinders en Jeug Kindererediens, Junior Kategese en Senior Kategese, 29 Augustus.

Twee kinderkonferenses word aangebied deur NG Elarduspark en Wow Kidz. Vir meer inligting laai die brosjures af by Taakspan vir Kinders se aflaai blad.

Lees die Junior Kategese Brief Aan Ouers.

'n Databasis vir alle kleuters en laerskoolkinders word geskep.

Registrasie Vorm ook by kategete beskikbaar.

Voel jy geroepe om aan te sluit as Kategeet by die Junior Kategese?

BybelSondag 29 Augustus. Tydens kinderdiens word kinders se geldhouertjies en koeverte opgeneem vir verspreiding van bybels deur Sending Sonder Grense.

Kontak: Lita Spreeth 082 453 8421.

Taakspan vir Gebed: Sending Sonder Grense

Gebed Bid vir Sending Sonder Grense, Jubileumjaar: Fondse vir 1 miljoen Bybels, vandag in eredienste, die week, in persoonlike stiltetye en by alle gemeente-aktiwiteite.

Gebedskalender

Gebedsversoeke: plaas asseblief u versoek in die houers voor in die kerk.

Gebed Sonder Grense. Kom vat hande en bid saam met ander gemeentes. Saterdag, 4 September 2010 7:00, Volle Evangelie Kerk (Eloffsdal), Eloffstraat 189, Eloffsdal.

Krisisgebedsversoeke: Kontak 079 680 9255.

Seil ons met Internet Explorer 7 en 8 | Chrome 3.0 | FireFox 3.5 | Opera 10.0 | Safari 4.0.