NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Oor die Bybel

Die Bybel

Die woord "Bybel" kom van die Griekse woord biblia wat "boeke" beteken. Biblia is 'n meervoud van Biblion wat oorspronklik papirus beteken wat later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif of boek(rol).

Die Bybel is dus eintlik 'n minibiblioteek met 'n versameling van 66 boeke.

Dit bestaan uit die Ou Testament wat 39 boeke bevat en die Nuwe Testament wat 27 boeke bevat.

Dit is die mees verspreide boek in die wêreld, en in die laat 20ste eeu meer as 20 miljoen kopieë in omloop was.

Die Gutenberg Bybel was die eerste bybel wat in massa-produksie gedruk is.

Dit was geskryf in Latyn, gedruk deur Johannes Gutenberg in Mainz, Duitsland, in die 1450's.

Gutenberg Bybel