NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Christen vervolging in Mauritanië

Islamitiese Republiek

Mauritanië, is een van die vier amptelike "Islamitiese Republieke" in die wêreld en Mauritaniese Christene moet in die geheim byeenkom.

Leier: President Mohamed Ould Abdel Aziz
Bevolking: 3,786,000
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Militêre Junta
Bron van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme

Die grondwet erken Islam as die enigste geloof van dié land se, na skatting 3,5 miljoen, populasie. Sjaria (Islamitiese wet) is verklaar as die enigste amptelike bron van wetgewing.

Streng beperkings deur die regering maak dit baie moeilik vir Christen-sendings om hier te funksioneer.

Druk op Gelowiges vanuit 'n Moslemagtergrond vanaf hul families, stamlede en plaaslike Moslems is baie hoog.

Dit bly totaal onmoontlik vir Mauritaniese Christene om hul kerke te registreer, dus moet hulle in die geheim byeenkom.

Gebedspunte:

  • Bid vir Gelowiges vanuit 'n Moslemagtergrond wat in vrees lewe weens die feit dat Mauritaniërs die doodstraf opgelê kan word indien hulle Islam sou versaak. Dank die Here dat te midde van hierdie moeilike omstandighede, Sy kinders Hom steeds aanbid, al is dit in die geheim.
  • Al-Qaeda in die Maghreb gebied, monitor Christenaktiwiteite. Bid dat hul invloed sal afneem.
  • Bid dat geletterdheid- en vertalingsprojekte meer Mauritaniërs toegang tot die Bybel in hul eie taal sal gee.

Bron: Geopende Deure