Geloofsoffer
is 'n offer wat ek, bo en behalwe my dankoffer, gee, wat kan beteken dat ek iets anders sal moet opoffer. Ek doen dit in die geloof dat ek die Here kan vertrou dat Hy dit wat Hy op my hart gelê het, sal voorsien, en dat dit tot Sy eer aangewend sal word. My bydrae is 'n persoonlike saak tussen my en die Here, waarvoor ek self verantwoordelikheid neem.
My geloofsofferbelofte
is dus die onderneming ("commitment") wat ek persoonlik onder die Here se leiding in geloof aangaan om:
- 'n bepaalde bydrae (maandeliks of eenmalig) te gee en;
- gereeld vir die projek/te waarvoor ek gee, te bid.
Wat is die motivering vir geloofsoffers?
- Lidmate kan daardeur die vreugde van praktiese geloofsvertroue en van offervaardigheid ervaar.
- Lidmate kan die vreugde en seën van persoonlike betrokkenheid by en voorbidding vir getuienisprojekte ervaar.
- Lidmate gehoorsaam daardeur Jesus se Groot Opdrag (Handelinge 1: 8), en word medewerkers aan die uitdra van die Evangelie.
- Dis 'n geleentheid om by God te hoor hoe Hy deur jou in ander se behoeftes wil voorsien.