NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Fokus op 16 dae van aktivisme teen gesinsgeweld

Woorde maak baie dieper seer as fisiese mishandeling

Wanneer fisiese mishandeling stop, bly die pyn en vernedering deur woorde steeds daar. Die volgende frases gebruik jy dalk self gereeld, of jy hoor ander mense dit gebruik.

  1. Jy sal nooit verander nie,
  2. Jy is altyd teen my,
  3. Ek weet jy sal my verstoot - dis net 'n kwessie van tyd,
  4. Jy kan nooit vertrou word nie,
  5. Jy is 'n mislukking,
  6. Jy is hopeloos,
  7. Dit is geheel en al jou skuld as hierdie verhouding misluk.

Maak tyd om hieroor na te dink en vra dat God jou sal help om heeltemal eerlik voor Hom te wees. Bely die dinge waaraan jy skuldig is. Vra die Here om jou te help om ander te vergewe wat hierdie woorde teenoor jou gebruik het.