Die erediens is pas verby; moet sê ek het lanklaas 'n erediens met soveel gemengde gevoelens beleef, deels oor alles wat hier gebeur het, maar veral omdat jy al weer om een of ander rede nie hier kon wees nie.
Daar is so baie dinge wat ek graag met jou wil deel, maar jy kom so ongereeld dat ons nooit met mekaar hieroor openhartig kan wees nie, daarom het ek maar besluit om vir jou hierdie brief te skryf.
Ek is die leë kerkbank waarop jy veronderstel is om Sondae te sit. Weet jy hoe goor is dit as al die plekke hier om 'n ou vol is, net nie joune nie omdat jou (gemeentelid) maat iewers is met die "sy beste" verskonings. As jy nie besig is om al die verlore slaap in te haal na 'n oorgeorganiseerde week nie; sukkel jy om te herstel na gisteraand se laataand TV of laatnag partyjies; of gister se groot rugby wedstryd op Loftus.
Ag, ek wil nie soos 'n klakous klink nie, maar as 'n mens so baie tyd alleen het dwaal die gedagtes maar, en ek kan nie help om te wonder wat jou eintlike rede is waarom jy nie regtig meer wil kom nie, want al die ou verskoninkies wat jy elke keer uitdink klink maar bra flou. Want jy sien, ek het al gehoor hoe die mense vertel van hoe jy jou bes probeer doen en tussen jou pêlle is, iemand wat altyd sy afsprake in die week en veral Saterdae nakom. Want 'n man wat nie sy afsprake kan nakom nie, word maklik deur die groep verwerp as iemand wat nie "true" kan wees nie. Maar wat dan nou van Sondag se afspraak, wat die Here met jou gemaak het, om Hom hier te kom ontmoet, is dit nie net so belangrik om na te kom nie. Want 'n ou wat nie Sondag sy afsprake nakom met die Here nie, sal dit beslis in die week ook nie doen nie, trouens, dit kan so erg raak dat jy naderhand dink jy kan sonder die Here klaarkom, wanneer dit jou pas.
Maar nou ja, wie's ek nou eintlik om vir jou 'n gewete te probeer wees, ek is immers net die leë, harde kerkbank waarop jy veronderstel is om elke Sondag te sit; jy's die verantwoordelike en aanspreeklike een. Laat my dink aan die dag toe jou ouers hier met jou doop belowe het dat hulle jou sal grootmaak om te verstaan wat dit beteken om aan die Here te kan behoort; en die dag toe jy jare later self hier beloof het dat jy die Here ken en liefhet, selfs belowe het om jou kant van nou af in die gemeente te bring waar jy moet. Kan jy dit nog onthou, of het jy nou 'n "ja-broer" geword wat "nee-begin-lewe" het.
Dankie dat jy darem bereid was om tot sover nog te bly lees; ek gaan jou nie langer vermoei nie, daarom sluit ek die brief met 'n Engelse gediggie wat ek êrens raakgeloop het:
I knelt to pray, but not for long,
I had too much to do,
Must hurry off and get to work
for bills would soon be due.
And so I said a hurried prayer,
jumped up from off my knees.
My christian duty now was done,
my soul could be at ease.
All through the day I had no time
To speak a word of cheer.
No time to give to those in need,
They''d laugh at me I feared.
No time, no time too much to do,
That was my constant cry.
No time to give to those in need,
At last ''twas time to die.
And when before the Lord I came,
I stood with downcast eyes,
within his hands He held "The Book"
it was the "Book of Life".
God looked into His book and said:
"Your name I cannot find,
I once was going to write it down,
but never found the time".
Groetnis
Jou Kerkbank
skrywer onbekend