NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Gebedsfokus op herlewing

Wanneer herlewing kom verander alles

Dit is nie meer nodig om mense te probeer oorreed om na 'n gebedsbyeenkoms te kom nie. Mense bely hul sondes openlik, getuig dat Jesus hulle vry en nuut gemaak het en hardloop dan die Christelike wedloop met blydskap in hul harte. Roep tot die Here dat Hy ons in hierdie geslag met herlewing sal begenadig.