NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Gebed maak ons nie gereed vir die groter werk nie, gebed is die groter werk

1 tot 31 Augustus 2011

Hierdie is 'n oproep tot gebed vir die Moslems gedurende hul maand Ramadaan. As gelowige stem ons nie saam met Islamitiese teologieë en idees nie, maar ons bid dat hulle Jesus as die Seun van God sal herken en erken.

Proklameer oor alle Moslems: Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom tot die Vader behalwe deur Jesus Christus nie.

Johannes 14: 6 - "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."